|
CARTE BLANCHE is die eerste snit op die nuwe album wat nog lank nie voltooi is nie maar hopenlik so deur die volgende jaar sal n mens die kloutjie by die oor kan sit oor waaroor die komplekse werk werklik gaan
eks laks soos n akkedis wat die son opsuip deur die gate in my vel daars wysheid in die skuimkop wat my bierglas bekroon en ek word so slim soos n tweeling prokureur op my wit kleipot toilet troon
eks n parlimentere volstruis hand aan hand kop in die sand want hiv is n white man s disease en ek drink antifreeze teen die koue in my kop doksilamien suksinaat teen die issues wat ek haat rooiwyn vir my brein wat nie alles kan verstaan soos babas in n muti moord en n halfkaal liggaam in n knysa kerk se sloot
en dis lui laks lekker kak op n sondag in die son
met my mobile in my pocket eks n rocket in touch met die wereld deur die mikrowaves van my sellfoon
|